Gyps africanus White-backed Vulture Witrugaasvoël
Dinaka, Jan 2019
Ongereelde nie-broeiende besoeker, eintlik seldsaam. Slegs yl verspreide waarnemings, meestal op die grense van die Waterberge (waargeneem in 11% van die pentads). Die naaste broeikolonies van hierdie spesie wat hul neste in bome bou is 50-100 km noord in die Limpopovallei en 60 km oos op die Springbokvlakte.